Ken jy vir Suzzi Swanepoel, wel hier is “Stukkies Van My” net vir jou

Suzzi Swanepoel het soos ’n vars briesie oor die Suid-Afrikaanse musieklandskap kom waai met haar debuutalbum, Stukkies van my wat verlede maand vrygestel is. Sy het die afgelope drie jaar al reeds met verskeie enkelsnitte, Ek Probeer, EKO (Ek Kan Onthou) en Laaste Keer vanaf hierdie album in die publiek se harte ingekruip.

Hierdie aktrise met ‘n musiekteater agtergrond wat destyds bekendheid verwerf het toe sy die Top 12 van Idols se vyfde seisoen gehaal het, was ook in die sepie, Binnelanders, die jeugdramareeks, Sterlopers en die film, Mooirivier te sien.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Ruby Rouge se eerste snit plaas haar talent in perspektief

Ruby Rouge is een van daardie kunstenaars wat jou beïndruk wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hartroerende opregtheid en meesleurende melodie in haar stem wat jou aangryp en by jou bly lank nadat sy klaar gesing het.

Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die eerste enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album so onvergeetlik maak.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cumulus Media Swaps Frequencies At Two Harrisburg Stations.

Cumulus Media has switched frequencies on two of its stations in the Harrisburg, PA market, with CHR “Hot 93.5” WWKL moving to the 106.7 frequency and rebranded as “Hot 106.7,” while country “Nash FM” WZCY-FM moves down to the 93.5 frequency.

The frequency swap gives the re-christened “Hot 106.7” a stronger 50,000-watt signal to better serve the central Pennsylvania region.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Ghoema-musiekpryse 2018 – Hier’s die benoemings

Op Sondag 29 April 2018 om 20:00 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nuwe kunstenaar – Johan Anker: Hoop & Bid

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is.

Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Apple Music Adds Two Million Subscribers In A Month.

Apple Music has revealed it now has 38 million paid subscribers, a gain of five percent, or two million subscribers, in a month.

Apple senior VP for internet software and services Eddy Cue made the announcement at South by Southwest, where he noted “the
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Steve Hofmeyr en Jak de Priester sing saam

Twee van Suid-Afrika se gewildste sangers het kragte saamgesnoer om ’n pragtige liedjie getiteld, Soen die Reën op te neem.

Alhoewel die opname reeds twee jaar gelede gedoen is, word dit nou vir die eerste keer amptelik aan radiostasies landswyd uitgereik.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sharoney die borrelende sangeres gee om!

Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie. Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing en het ook gedurende 2017 haar tweede album getiteld, Skyn, uitgereik.

Die eerste twee enkelsnitte vanaf hierdie album, Skyn en Toe gaan jy weg, het op die trefferparades geboer en die baie inspirerende musiekvideo van Skyn kan steeds gereeld op verskeie televisie kanale gesien word.

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Verona Goslett se talent ‘ontmasker’ met eerste enkelsnit

Kom ons ontmasker. Kom ons word sterker. Haal af jou masker, kyk wat skuil daar agter. Gee jouself vlerke, jy weet jy’t geen perke. Haal af jou masker.

Wys wat skuil daar agter… is lirieke uit Verona Goslett se debuut-enkelsnit waarmee sy nie net haar siel ontbloot nie, maar ook haar ongelooflike sangtalent met die wêreld deel.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!